INLEIDING
INSTRUKSIES
REGISTREER
AANSLUITING
SKAKELS
KONTAK INFORMASIE
SURF IN ENGLISH

 

 

Inleiding

Die vraelys en verslag is 'n geestelike verdieping proses om geestelike sterkpunte en geleenthede vir geestelike verdieping te ontdek. Dit is gerig op Christene wat die behoefte het om 'n dieper betekenis te verkry van hulle verhouding met God.

Hierdie skep 'n geleentheid om te verhoed dat u verhouding met God stagneer.

U was moontlik tydens skolings- of besonderse geestelike geleenthede blootgestel aan wyses om geestelik te groei, maar soms ondervind dat u verwyder van God is. God wil ons nader aan hom hê. Die unieke wyse waarop God aanbid word, maak ons nie geestelik minder as ander Christene nie.

U ondervind moontlik beperkinge, u twyfel of is seergemaak. Moontlik verhoed dit u om nader aan God te voel. Dit is vasgestel dat ons kinderjare, ons erfaring van ouerlike gesag en die wyse waarop ons ons geloof uitleef, die persepsies oor onsself, ons naaste en God mag beïnvloed. Ons onderneem om met die nodige empatie deur u antwoorde op die vrae te gaan en aan u verslag te lewer oor die perspektiewe wat u, moontlik onbewustelik, van u self, u naaste en God het. Dit het 'n groot invloed op die wyse wat u God vereer en dien. Hierdie insig in u lewe mag aan u die geleentheid bied om u keuses beter te kan maak en sodoende u verhouding met God te verdiep.

U word uitgenooi om op u gemak deur ons vraelys te werk en te reageer op vrae oor u geestelike lewe asook oor u vroeër lewe en kinderjare. Hierdie inligting word deur ons verwerk waarna 'n treffende verslag, wat net op u van toepassing is, aan u gelewer sal word.

U antwoorde word streng vertroulik hanteer. Ons verseker u dat slegs ons bekwame analis en hy/sy toesighouer toegang tot u antwoorde sal verkry, aangesien u 'n ses syfer kode aan u verslag toeken, wat u identiteit sal beskerm.

Ons analiste en hulle toesighouers is saamgestel uit 'n span Christene wat u wil bystaan om geestelik te verdiep. Ons is gemotiveer om deur die genade van God en die werking van die Heilige Gees u te help om geestelik te groei.Ons wil u vriendelik aanmoedig om hierdie geleentheid ten volle te benut en eerlik en opreg op ons vrae te antwoord. Dink noukeurig na oor hoe die vrae op u persoonlik betrekking het en verskaf dan u opregte antwoorde.